‘Why, Mr Jooste, why?’

David asks Goliath for answers

Markus Jooste

Markus Jooste – a breeder asks him why

The Salesgate saga has created waves in the South African racing and breeding industry. In an open letter to Markus Jooste, a longstanding smaller breeder makes an impassioned plea for answers. We have purposely left the letter in the format submitted as it is written in the home language of both the writer and the party being addressed.

Liewe Markus

Ek wil hierdie brief in hierdie taal skryf want dis ons bakleiery hier, in ons eie agterplaas, wat my ontstel.

Dis klaar sleg genoeg om briewe van grootmanne in die wyer perdewêreld te lees — manne van oorsee.

Ek, as een van die ouer,” klein “  telers wil net so graag ‘n paar vrae inkry.

Ek is geen bedreiging vir enigiemand nie en as hierdie brief jou die harnas in jaag, is die skade wat my kant toe kan kom, nie so erg as vir ‘n jong persoon met ‘n familie om te onderhou nie.

Dit help ook nie ek klim op die foon en probeer jou in die hande kry vir ‘n gesprek nie – ek sal nie een sin inkry voor ek afgeskiet is deur Business jargon nie.

 Markus, hoekom baklei ons hier ondermekaar ?

Wat maak jou SO kwaad dat jy nie omgee watter skade aangerig word aan ons wankelrige industrie nie ?

As jy oorlog verklaar teen BSA, dan is dit mos nou jou eie mede telers wat jy gaan doodskiet.

Ons, die telers van hierdie land, is mos die TBA en sy baba BSA.

Jy sal mos weet van die syfers rakende die telers- getalle se inkrimping oor die afgelope dekade.

Het jy die syfers gelees oor wat hierdie oorlog ons, die telers, tot huidig al kos ?

Hoe verwerk jy dit in die stilte van binne ?

Hoe verwerk jy jou bemarkings organisasie se totale nie- deelname wanneer dit kom by onderskraging van navorsing, uitvoer protokol pogings, ens ?

Ek sê lankal vir myself “

Ag wat, ons het  Hurwitz , Ross en Gardiner, Sydney Press, Hilda Podlas en vele ander, oorleef en sal seker maar Markus Jooste ook oorleef “

( Dit gaan nou nie vir my persoonlik en letterlik nie – daarvoor is ek glad te oud )

Maar nou het jy hierdie oorlog tot ‘n hoër  vlak geneem en ek word angstig.

Jy word nou bedmaters  met mense “wat hulle eie ma sal verkoop vir ‘n paar oulap “

Hoekom Markus, Hoekom ?

Beste groete

Marianne Thomson

Have Your Say - *Please Use Your Name & Surname

Comments Policy
The Sporting Post encourages readers to comment in the spirit of enlightening the topic being discussed, to add opinions or correct errors. All posts are accepted on the condition that the Sporting Post can at any time alter, correct or remove comments, either partially or entirely.

All posters are required to post under their actual name and surname – no anonymous posts or use of pseudonyms will be accepted. You can adjust your display name on your account page or to send corrections privately to the EditorThe Sporting Post will not publish comments submitted anonymously or under pseudonyms.

Please note that the views that are published are not necessarily those of the Sporting Post.

Subscribe
Notify of
guest
7 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Share:

Facebook
WhatsApp
Twitter

Popular Posts